Saturday , August , 18 2018
Personeel  >>  Hoof  >>  Leoni Webster
Leoni Webster - Palet Kleuterskool Hoof

Welkom by ons webtuiste, ek is die hoof en eienaar van Palet Kleuterskool sedert Oktober 2013. Palet is in 2004 gestig deur Lene Klopper en ek was van dag een af betrokke as deel van die finansies en bestuur. My kind was ook die eerste kind in Palet, so die skool is behoorlik deel van my hart. Dit was ‘n groot voorreg om in 2013 die skool te kon koop by Lene en verder op die Palet basis te kon bou.

Met ‘n BCOM (Honours) in Bestuursrekeningkunde het die passie vir kinders en opvoeding vlam gevat met al die jare se betrokkenheid by die kleuterskool, asook 3 kinders van my eie en kinderboeke oor geldsake wat gepubliseer is in 2010 en 2012 saam met Annelie Sdralis ons akademiese hoof.

Bietjie oor ons
Palet Kleuterskool is ‘n warm en vriendelike tuiste vir elke maatjie. Ons is gevul met entoesiasme en passie vir onderrig. Dit is ons doel om elke maatjie met liefde te aanvaar en met positiewe dissipline hulle karakter te vorm in ‘n Christelike omgewing. Ons beskik oor ‘n goed toegeruste en ruim boomryke 4000m² fasiliteit. In totaal is daar 6 klaskamers met moderne fasiliteite wat in alle opsigte voldoen aan die vereistes gestel deur die betrokke Departemente.
Foto gallery
Kontak ons
*
*