top of page
HIERDIE WEEK SE TEMA by PALET

Week 3: Ek en my Emosies
​
Net soos ons grootmense, ervaar ons kinders emosies. Dit is egter bitter belangrik dat ons kinders die vermoë ontwikkel om hulle gevoelens te identifiseer en die vaardighede te ontwikkel om dit te bestuur. Ons help ons maats hierdie week om hierdie vaardighede te ontwikkel.

LEERPROGRAMME
Die leerprogramme wat aangebied word is kundig uitgewerk per ouderdomsgroep. Dit begin altyd by grootmotoriese vaardighede en soos ons kinders se lyfies sterker word, bou ons op die fondamente met fynmotories- en kognitiewe vaardighede. Ons temas is doenbaar vir ouers uiteengesit om dit prakties en uitvoerbaar, in en om die huis, te implementeer.
​
Kleuterskool kinders moet alles konkreet beleef!!!
​
Leerprogramme
Ons programme is vol leer ervarings wat ons kinders 'n fantastiese grondslag gee. Dit is altyd verstommend hoe konkreet ons Juffrouens by Palet Kleuterskool vir ons maats dinge kan verduidelik dat hulle dit vir altyd onthou en inneem. Dit is 'n wonderlike fondasie en ons kinders kan dit daagliks geniet om speel-speel te leer.
- Leoni Webster
Subscribe
bottom of page